Britse premier vra werkers moet begin

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, het ’n dringende beroep gedoen op die maatskappye en sakelui van die land om hulle werkers terug te roep na die werkplek.

Hy het in sy oproep gesê maatskappye en sakeondernemings moet nou begin om hulle personeel terug te kry by die werkplek, met die voorwaarde dat voorsiening getref word dat personeel veilig sal wees teen moontlike infeksie.

Brittanje het ook swaar deurgeloop onder die aanslag van Covid-19, en wil nou die land se ekonomie weer op dreef kry sodat die bykomende uitgawe wat aangegaan moes word, weer verhaal kan word.

Die premier het ook aan die groter instansies se hoofde gevra om ’n sterk voorbeeld te stel deur werknemers te laat terugkeer na die werksplek.

Hy het ook gevra dat maatskappye die nuwe ontdekking moet benut so vêr dit moontlik is deur mense vanaf hulle woonhuise te laat werk aangesien die afgelope maande gewys het dat dit wel moontlik is.