Brasilië: Virus verspreiding stoomroller voort

Die koronavirus se verspreiding in die Suid-Amerikaanse staat Brasilieq is besig om na hoogste versnelling oor te skakel.

Die land se sterftes het nou na aan die 60,000 gekom, en ingeligte bronne sê die toestand vererger daagliks.

Met slegs die VSA wat meer nuwe infeksies per 24 uur aanteken, is Brasilië in die tweede plek wat die president, Jair Bolsonaro, verplig het om die noodtoestand verder te verleng terwille van die werkers.

Deskundiges het glo gewaarsku dat die daaglikse toename so kan verhoog dat 100,000 mense per dag infeksie kan opdoen indien die huidige tendense nie gestuit kan word nie.