Brasilië sterftes styg dramaties

President Bolsonaro

Die Covid-19 pandemie het sy verwoestingswerk in die Latyns-Amerikaanse staat Brasilië voortgesit en die sterftes styg daagliks teen ’n vinnige tempo.

Maandagaand het die dodetal op 80,120 gestaan, en die 2.1 miljoen infeksies het ernstige kommer gewek by duisende mense in die land.

Nog twee van die land se kabinet ministers is positief getoets van Covid-19 infeksie, en die hospitale is reeds oorvol van pasiënte wat deur ’n beperkte aantal verpleegpersoneel versorg moet word.

Ingeligte bronne beweer dat die hospitale se toerusting ook nie sodanig is dat dit goeie ondersteuning kan bied aan pasiënte nie, terwyl duisende mense met infeksie nie in hospitale opgeneem word nie.

Beskuldigings word ook gemaak teen President Jair Bolsonaro wat klaarblyklik nie die pandemie erntig genoeg benader nie, en tot onlangs geweier het om ’n gesigmasker te dra tot hy self ook infeksie opgedoen het.

Meer as 108,000 mense is wêreldwyd oorlede weens die infeksie met Covid-19 virus, en die stygende tendens in lande soos die VSA, Brasilië, Indië, Rusland en Suid-Afrika is vir wetenskaplikes ’n aanduiding dat die pandemie nog lank sal duur.

Die hoop word egter gevestig op die spoedige beskikbaarstelling van entstof wat immuniteit sal versterk en ’n middel wat ook pasiënte met infeksie kan genees.