Brasilië nou 1,6 miljoen infeksies

Uit die Brasiliaanse stad Sao Paulo word berig dat Brasilië se infeksies van die koronavirus die 1,5 miljoen merk verby is en byna 1,6 miljoen geword het die afgelope Saterdag.

Tans is die land naas die VSA, die plek waar die grootste aantal infeksies is en die sterftes reeds die 60,000 verby is.

Een van die belangrikste redes is glo dat die mense, soos in Rio de Janeiro, sonder maskers in massas op strande en strate beweeg.

Berigte dat die mense saam kom om te drink en te dans, het veroorsaak dat die breë publiek besluit het om die maatreëls te ignoreer en “voort te gaan met hulle lewens soos voorheen”.

Ingeligte bronne wys daarop dat die onverskillige benadering ook ’n invloed het op die gehalte van gesondheidsdienste wat onder die standaard is, terwyl die president self ook ’n onverskillige houding ingeneem hê teen die maatreëls.