Brasilië: Derde onderwys minister bedank

Die Minister van Onderwys in die Suid-Amerikaanse staat Brasilië het enkele dae na sy aanstelling sy bedanking ingedien.

Die minister se bedanking volg nadat hy vyf dae tevore aangestel is omdat hy erken het dat hy gelieg het oor sy akademiese rekord.

Voordat hy deur die president ingehuldig kon word, het Carlo Alberto Decotelli bedank te midde van beskuldigings dat hy onwaarhede oor sy akademiese rekord voorgehou het.

Die aangestelde minister het gesê hy het ’n meestersgraad verwerf aan die Brazil’s Getulio Vargas Stigting en ’n doktorsgraad van die Argentina University of Rosario sowel as ’n bykomende doktorsgraad van die Duitse Wuppertal University.

Sy aansprake het egter gou die aandag van ander getrek, en enkele dae later het die koerante en ander media gegons toe Rosario Universiteit gereageer en gesê het Decotelli het nie ’n doktorsgraad by die instelling verwerf nie, en het nooit sy proefskrif verdedig nie.

Die universiteit owerheid het hom vroeër versoek om veranderings aan te bring aan sy werkstukke, maar hy het nie meer geld gehad om die werk verder af te handel nie, het hy gesê kort voor sy bedanking.