Brandstof gaan nog duurder word

Motoriste in Suid-Afrika kan nog ’n prysverhoging in brandstof verwag in Augustus wat sommer in volgende week van toepassing raak.

’n Onder vordering word as die hoofrede aangevoer wat beteken dat die styging wat SA die afgelope twee maande gehad het, nou verder gaan verhoog omdat vorige verhogings nie voldoende voorsiening gemaak het nie.

Petrol het in die twee maande onderskeidelik met R1.73 en R1.72  gestyg, en die verwagting is dat petrol 95 met R0.11 sent kan verhoog en petrol 93 met R0.15 sent per liter.

Diesel 0.05% sal met R0.50 sent verhoog en 0.005% met R0.49 sent per liter.