Boere skenk graansaad aan droogte geteisterdes

Boere in die Wes-Kaap het tonne saad aan landbouers in die drooggeteisterde gebied van Bitterfontein en Nuwerus geskenk in die hoop dat hulle weer op die been sal kom.

Die boere van Darling en Eendekuil het op gekoördineerde wyse die saad geskenk wat oorgebly het nadat hulle self hulle graan geplant het.

Koring, hawer en gars is afgelewer wat die landbouers kan gebruik om hulle landerye weer geplant te kry, en die 45 ton saad wat gegee is kan ’n groot aantal hektare land beplant kry.

Die distrik het die afgelope 5 jaar in ’n ernstige droogte toestand gebly en die hoop bestaan dat die jongste reënval in die distrik opgevolg sal word sodat die landbouers ’n goeie oes uit die skenkings kan haal.