Boeing eindig 747 Jumbo produksie

Die Amerikaanse vliegtuig vervaardiger Boeing gaan die vervaardiging van sy wêreldberoemde 747 Jumbo passasiers vliegtuig teen 2022 beëindig.

Op ’n stadium was die 747 die grootste passasiersvliegtuig van die wêreld, maar die gewilde tuig wat reeds 50 jaar lang mense veilig na hulle bestemmings geneem het, se tyd het waarskynlik gouer tot ’n einde gekom weens die beperkinge wat op rederye geplaas is met die Covid-19 pandemie.

Die industrie sukkel om antwoorde te vind op die uitdagings wat deur die pandemie veroorsaak is, en die huidige reëling dat slegs sowat 50% passasiers lading toegelaat word, maak vlugte duur en onbekostigbaar van menige reisigers.

Dit is hierdie element wat vliegtuig vervaardigers laat kopkrap, en die afgelope halfeeu se sukses van die Boeing 747 sal moeilik geëwenaar kan word in die nuwe tydvak wat voor is.

Intussen het Boeing aangekondig dat die pandemie nog verdere personeel afleggings sal beteken wat die bedryf se voortbestaan al moeiliker maak, het waarnemers gesê.