Bitcoin spring die hoogte in

Die virtuele betaalmiddel Bitcoin, het die afgelope naweek vir die eerste keer die $10,000 merk in waarde deurgebreek en word nou deur verskeie groter instansies as betaalmiddel erken.

Die stryd om oorlewing in die finansiële wêreld het menige land se geldeenheid nadelig geraak, en die koronavirus pandemie het ’n beduidende rol vervul om die sukkelende ekonomie verder na benede te druk.

Alhoewel daar nog steeds groot versigtigheid is in die finansiële kringe word al meer persone en individue genoodsaak om te waag met Bitcoin as beleggingsmoontlikheid en virtuele betaalmiddel.

Finansiële deskundiges waarsku egter dat die prys van Bitcoin nou sodanig is dat die waagstuk al groter word en dat die gelykbreekpunt ook al moeiliker bereik kan word vir voornemende beleggers.

Die afgelope naweek het Bitcoin se waarde tot ’n nuwe rekord vlak van $10,200 gestyg, en later ietwat teruggeval maar steeds bokant die $10,000 merk gebly.