Binnekort kan jy gaan fliek

Dit sal nie net die fliek teaters wees wat binnekort hulle deure gaan heropen nie, maar ook die kunste teaters sal geregtig wees om te heropen.

Minister Nathi Mthethwa van die Departement Kuns en Kultuur, se die proses is aan die gang om die teaters weer oop te stel met ’n beperking dat slegs 50 mense op ’n keer in die teater mag wees.

Die streng maatreël wat tot nou toe van krag was op vergaderings, konferensies en kerk eredienste, word glo uitgebrei na teaters.

Inligtings bronne beweer dat weinig van die kerke gebruik gemaak het van die toegewing aangesien kerke nie vir mense wil voorskryf wie op ’n gegewe dag die kerkdiens mag bywoon en wie nie.

Die minister maak glo ook gereed om die museums te heropen, sowel as kunsgalerye en biblioteke.

Die minister het nie gesê of mense wat na teaters gaan vir opvoerings, toegelaat sal word om te sing soos wat die gebruik soms is nie. In kerke word sang nie toegelaat nie.