Beurtkrag op die horison

Eskom het aangekondig dat die koue fronte wat die Wes-Kaap hierdie naweek gaan tref en die hele land in koue dompel, noodwendig sal lei tot beurtkrag.

Die kragvoorsiener sê dat verskeie plekke in die netwerk ook onderwerp is aan herstelwerk, wat die totale vermoë benadeel.

Die eerste beurtkrag het glo gister begin toe dele van die land tussen 5 nm. en 9 nm. sonder krag was.

Dit is nog onduidelik wat die naweek verwag kan word, maar die omstandighede voorspel dat ons die naweek vir lang tye sonder krag kan wees.