Beskerm SA se werksgeleenthede

’n Oproep is deur verskeie instansies gemaak dat die regering die bestaande werksgeleenthede moet beskerm, maar kenners sê dit is nie altyd maklik nie.

Die beginsel om eerder die werksmense se poste te beskerm deur afleggings te keer, klink na goeie sake beskerming, maar die probleme daarmee saam maak dit moeiliker as wat algemeen aanvaar word.

In die VSA is so ’n stelsel toegepas, maar maatskappye het die kans gegryp en dit kunsmatig laat lyk of afleggings gemaak gaan word.

Die maatskappy ontvang dan ’n maandelikse bedrag uit die staatskas wat help om diegene wat vir aflegging sou kwalifiseer, steeds in diens te hou.

Waarnemers wys daarop dat die miljoene werklose mense skielik deur maatskappye “opgeraap” sou word sodat staatshulp verkry kan word, maar so iets sal ’n duur en onbetaalbare bedryf wees, waarvan sommige as “korrupte aanspraakmakers” op hulp, nie uitgesluit is nie.