Beroemde Franse katedraal word herstel

Die Franse president, Emmanuel Macron, het sy goedkeuring en goeie wense gegee dat die beroemde Notre Dame katedraal herstel word soos wat hy voor die brand gelyk het.

Aanvanklik wou die sosialistiese president sien dat die katedraal ’n moderne gesig kry wat die inwoners van Parys woedend gelaat het, en die Franse regoor die land het gedreig om in opstand te kom as dit gaan gebeur soos die president dit wou laat doen.

Daarna het hy sy deuntjie verander na maande van konsultasie met argitekte, kunstenaars, en ander deskundiges in die argitektoniese bedryf wat almal aanbeveel het dat die katedraal weens sy historiese verlede, weer tot sy oorspronklike herstel moet word.

Die deskundige en hoof van die Notre Dame katedraal, Philippe Villeneuve, se invloed het uiteindelik die deurslag gegee dat die statige gebou na sy oorspronklike struktuur herstel word.