Berlyners ontsteld oor jakkals in stad

Inwoners van ’n woonbuurt in die Duitse hoofstad Berlyn is ontsteld omdat hulle gereeld probleme ondervind van hulle skoene wat op die voordeur stoep wegraak.

Die dief wat gereeld vir die ongerief en verliese veantwoordelik is, is niemand anders as ’n wilde jakkals nie.

Die jakkals het vir een of ander onverklaarbare rede ’n voorliefde vir skoene, en maak gereeld ’n draai by die woonhuise waar hy ’n skoen of twee kan gaps.

In ’n opname wat in die buurt gemaak is, dui daarop dat die vabond reeds meer as ’n 100 skone weggedra het van mense se woonplekke in die suidwestelike Zehlendorf woongebied.

Die jakkals is ook nie uitsoekerig nie en selfs drafskoene en pantoffels word nie geïgnoreer nie maar word weggedra.

Een van die inwoners het dit sy taak gemaak om vas te stel wie die dief is wat mense se skoene steel, en toe Christian Meyer uiteindelik die rower betrap, kon hy sy oë nie glo nie.

Meyer is een van die eerstes in die buurt wat gemek het dat sy eie drafskoene weggeraak het, waarna bure en vriende die een na die ander dieselfde ondervinding gehad het.

Nou word skoene op ’n hoër vlak gebêre waar die vermeende dief dit nie kan bykom nie.