Begrafnis ondernemers in krisis

Begrafnis ondernemers ondervind ’n ernstige krisis met oorledenes wat in yskaste geberg moet word tot ’n amptelike doodsertifikaat deur die owerheid uitgereik word.

Die SA Begrafnis Praktisyns Assosiasie sê die regering se departement is veels te stadig met die uitreik van sertifikate, en dit veroorsaak dat yskaste oorlopens toe vol raak.

Die toename in sterftes weens die Covid-10 pandemie is sodanig dat die aantal gestorwenes meer as verdubbel het, en daarom is dit noodsaaklik dat doodsertifikate flink uitgereik moet word om opeenhoping by die verkoelings eenhede te voorkom.

Die woordvoerder beweer dat die aantal sterftes weens die nuwe koronavirus selfs drie keer hoër kan wees as wat die regering in sy verklarings noem.

Die ondernemers is erg bekommerd oor die groot toename in sterftes wat klaarblyklik nog veel hoër gaan word namate die infeksies verder styg, en sê die owerheid sal nuwe maatreëls moet instel om doodsertifikate vinniger beskikbaar te stel.