Australië skort ooreenkoms op met HK

Hong Kong stad

Die regering van Australië het sy jarelange ooreenkoms met Hong Kong opgeskort nadat Sjina die sogenaamde “veiligheidswet” vir die stad goedgekeur en van krag gemaak het.

Australië het ook die landsburgers wat tans in Hong Kong woon en werk, gevra om weer te besin of hulle nie moet terugkeer na hulle eie land nie.

Die lugdiens se vlugte word ook opdateer met waarskuwings aan landsburgers wat dit oorweeg om na Hong Kong te reis, wat ’n sterk invloed sal wees op die wêreldstad se ekonomie as Australiese besoekers die plek sou vermy.

Die Eerste Minister, Scott Morrison sê hy moes hom eers vergewis van die bepalings van die wet wat op Hong Kong van toepassing gemaak is voor enige besluite kon neem, maar dit is duidelik wat die bedoeling met die wet vir Hong Kong inhou.

Hy sê die toepassing van die veiligheidswet is in stryd en ’n fundamentele verandering volgens die ooreenkoms wat Australie met Hong Kong aangegaan het.