Assad wen weer Sirië verkiesing

Die president van Sirië en sy vennote in die politieke arena het die verkiesing gemaklik gewen soos wat algemeen verwag is.

Die president, Bashar al-Assad, het sy meerderheid gehandhaaf te midde van die koronavirus pandemie wat die land teister.

Die omstrede diktator wat die steun van Rusland geniet, is reeds vir etlike jare in ’n oorlog gewikkel teen sy volksgenote wat as ’n opposisie rebellegroep die stryd voer.

Bashar al-Assad se regerende party het 177 van die 250 setels verower in die verkiesing wat glo deur die “Nasionale Eenheid” gemoniteer is.

Slegs 33% van die land se stemgeregtigdes het aan die verkiesing deelgeneem, teenoor die 57% wat in 2016 deelgeneem het.

Die regerende party se woordvoerder het gesê dat kandidate wat ontevrede is met die verloop van die verkiesing in een van die 7,000 stemlokale, kon binne drie dae sy klagtes inhandig vir verdere ondersoeke.

Van die 1658 kandidate wat aan die verkiesing deelgeneem het, was mense wat glo die land se ekonomie en voortslepende geweld moet as prioriteite behandel word.