ANC plaas seniors op verpligte verlof

Die ANC regering het aangekondig dat Gauteng se gesondheid beampte, dr. Bandile Masuku word op verpligte verlof geplaas vir twee tot vier weke hangende ’n ondersoek oor tender bedrog waarby hy moontlik betrokke is.

Die tydelike verlof wat Masuku opgelê is het onmiddellik in werking getree en sal na verwagting twee tot vier weke duur, nadat verslae aangedui het dat die dr. Masuku benewens ander beskuldigings, hy ook betrokke is in onreëlmatige tenders wat verbonde is aan beskermde klere en toerusting by die Gauteng Departement van Gesondheid.

Die ANC se provinsiale sekretaris, Jacob Khawe, het bevestig dat die party ’n verdere besluit geneem het om sy vrou, Loyiso, wat na bewering ook by die skandaal betrokke kan wees, ook met verpligte verlof afgesit is.

 Die ANC se sogenaamde integriteit komitee lei die ondersoek na beide se moontlike betrokkenheid in die skandaal waarby miljoene Rand betrokke is.