ANC ignoreer sy eie maatreëls

Die ANC word daarvan beskuldig dat hy sy eie grendel-maatreels verontagsaam en daarmee ’n voorbeeld aan ander stel om dieselfde te doen.

Die beskuldiging kom nadat die begrafnis van die voormalige terroris en sogenaamde vryheidsvegter, Andrew Mlangeni, ’n samedromming van honderde mense gehad het.

Waarnemers wys daarop dat die reël steeds geldig is dat nie meer as 50 mense die begrafnis mag bywoon nie, maar hieraan het ANC ondersteuners hulle nie gesteur nie en die familie het geen maatreëls in plek gestel om samedromming te voorkom nie.

Die ANC se president hehaal elke keer met sy toesprake wat op televisie uitgesaai word, dat mense die sosiale afstand moet handhaaf, maar met die begrafnis was ook die maatreël verontagsaam.

Dit is nie net blankes wat die waarnemings gedoen het nie, en talle swartmense sê dit is duidelik dat die maatreëls slegs op sekere mense van toepassing gemaak is.