Agrizz terug in Hooggeregshof

Die voormalige hoof van die Bosassa entiteit, Angelo Agrizzi, en sy mede beskuldigde het in die Pretoria Spesialiste Handelsmisdaad Hof verskyn oor hulle bydraes met Staatskaping.

Die saak is egter uitgestel tot 16 Oktober vir die verhoor, en Agrizzi en sy mede beskuldigde, Patrick Gillingham, sal glo gelyktydig in die hof verskyn.

Verskeie ander persone is ook betrokke by die korrupsie skandaal war deur die Zondo kommissie oopgekrap moes word, en van die persone word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by korrupsie, bedrog, en geldwassery wat op ’n grootskaalse maat gepleeg is.

Die betrokke beskuldigdes is almal op borgtog vrygelaat en die misdade wat strek oor ’n dekade, sal waarskynlik in die komende maande afgehandel word met toepaslike strawwe vir diegene wat skuldig bevind word.

Menige hooggeplaastes het uit Bosassa se ongerymdhede met kontrakte en tenders, geld gekry, en ander motors, of woonhuise, of opgraderings van huise, en ander luukshede wat alles deel van ’n grootskaalse omkopery was.