Afrikaners se nood

Dit is sekerlik nie net Afrikaners wat in ernstige nood verkeer nie, want die ganse wêreld gaan gebuk vanweë die koronavirus wat uit Sjina gekom het na elke denkbare uithoek van minstens 220 lande.

Afrikaners in Suid-Afrika se nood is veel anders as die meeste ander volke wat tans die ellende van die inperkings beleef, want hierdie klein volk het nie net ’n ernstige krisis met geld nie, maar ook op vele ander terreine heers daar nood.

Die kinders van ons volk word erg geraak deur die pandemie, en ons CVO-skole en die onderwysers kry swaar onder die grendel tyd wat min beweeg ruimte bied vir dinamiese vooruitgang.

Ouers en ondersteuners, sowel as kerklike gemeentes word ook finansieel geraak deur die inperkings, en dit veroorsaak dat Afrikaner kinders ook nie hulle skoolloopbaan kan geniet soos waaraan ons gewoond is nie.

Die Afrikaner se nood is egter veel groter as net dit wat genoem word, want die hoë ideaal van ’n Christen gelowige volk wat in sy eie land deur sy eie mense regeer word, is besig om te vervaag terwyl die opomende geslagte nie werklike vryheid ken nie.

Vreemde simbole, tale en kulturele tradisies word deel van ons volk se beskouinge, veral onser die jonger geledere, en die ouer garde staan radeloos en toekyk hoe die klein minderheid deur die massas oorweldig word.

Die oproep om mede volksgenote op elke denkbare wyse by te staan, is sekerlik nie meer van toepassing as juis in hierdie dae nie.

Die jare 1930 en daarna, toe die Afrikaner in soortgelyke omstandighede staande moes bly, was inisiatiewe soos die Reddingsdaad Bond een van die volk se steunpilare.

Nou staan Die vryburger Kinderfonds in daardie skoene, en wil hy help dat ons kinders se Christelike skool opleiding ongestoord voortgaan want met geleerdheid van hoë gehalte, kan ons die toekoms vir hulle makliker maak.