ADSL gebruikers oor na Veselglas

Telkom is besig om al sy ADSL kliënte oor te skakel na die breëband Veselglas waar die nuwe hoëspoed internet diens beskikbaar is.

Telkom sê die oorskakeling sal regoor die land gedoen word en daarmee byna ’n einde bring aan die koper-kabel era wat nou vervang word met die ultra moderne veselglas kabel wat die breëband so suksesvol maak.

Dar is egter plekke in die land waar die veselglas nog nie beskikbaar is nie, en in daardie gebiede sal die ADSL diens voortgaan soos gewoonlik.

Die installasie van veselglas kabels word tans op groot skaal gedoen, en Telkom belowe sy kliënte dat hulle ’n uitstekende diens kan verwag waar die veselglas kabels reeds by huise en sakeondernemings beskikbaar is.

Suid-Afrika is vêr agter by Westerse lande waar veselglas breëband reeds ’n paar jaar in gebruik is, en die menige pleidooie oor die afgelope jare word nou beloon vir diegene wat die hoëspoed internet nodig het om meer effektief te werk.