Zimbabwe se inflasie hemelhoog

Die jaarlikse inflasiekoers van Zimbabwe het nou hemelhoog gestyg, en in April was dit reeds 765.6%, en het intussen tot 785.6% gestyg.

Die inflasie syfers is deur die land se Nasionale Statistiek Agentskap vrygestel, en toon dat die maand tot maand inflasie koers van Mei vanjaar 15.13% was en in die vorige maand, April 17,6%.

Die Zimbabwe geldeenheid is so swak, en die inflasie koers so hoog dat diegene wat dit kan bekostig, deur die grens na SA kom om lewensmiddele en brandstof te bekom.

In die afgelope maand, terwyl inperkings van toepassing was, het honderde inwoners van die buurstaat deur die nuut opgerigte grensheining gekom om in SA hulle voedsel te koop.

Die heining wat onbewaak is, en opgerig is om Zimbabwiërs te keer om na SA deur te breek, is op talle plekke sodanig beskadig dat die miljoene Rand wat die heining gekos het, ’n totale vermorsing van geld was.