WVF betaal miljarde uit

Die Suid-Afrikaanse Werkloosheid Versekeringsfonds (WVF) het die afgelope weke volstoom gewerk en miljarde Rand is uitbetaal aan mense wat eise ingedien het.

Daar het egter nuwe vrae ontstaan oor die “nuwe doeltreffendheid” wat so skielik in werking gekom het nadat die Fonds vir maande gesukkel het om uitbetalings gedoen te kry.

Die verandering word nou deur kundiges bevraagteken en sê dit wil lyk of die regering se amptenare nie ’n saak van kapasiteit is nie, maar wel een van ’n agtelose onwilligheid om doeltreffend te funksioneer.

Kommer bestaan oor die werkers se etiese gedrag, want groot salarisse word maandeliks uitbetaal aan hulle terwyl die werk byna soos die van mense met ’n :sloer staking: verrig word.

Oor meer as twee maande het die WVF se werkers gesukkel om die uitbetalings gedoen te kry, en hewige kritiek is teen die minister uitgespreek, en binne enkele dae het die uitbetalings begin vleoi sodat daar nou reeds meer as R16 miljard betaal is aan eisers.