Wit en Swart

Met die dood van ‘n Amerikaanse Neger het die wêreld in oproer gekom. Nie net in die VSA nie maar in bykans elke land is daar skielik betogings en optogte rondom die man wat deur polisie gedood is. In 2010 is 144 polisie beamptes in die VSA gedood terwyl hul aan diens was. Tot dusver( 2020) is 97 beamptes reeds gedood waarvan 60 Blanke polisie beamptes was.  Dit gaan blykbaar saam met die werk wat hul verrig en geen bohaai word daaroor gemaak nie.

Selfs in Suid Afrika is daar skielik ‘n bohaai en ondersteuning vir die man wat gedood is. Jesse Duarte roep ‘n swart vrydag uit waarop almal swart moet dra in ondersteuning teen die Blanke polsiemanne wat betrokke was by Floyd se dood.

In die Wes-Kaap word ‘n Blanke gemeenskaps dokter met pangas brutaal vermoor.  Iemand wat in die gemeenskap werk waar hy woon.  Dit is deel van die misdaad statistiek van SA.  ‘n Boer en sy vrou word in Wes-Transvaal aangerand en is daar kookwater oor die boer gegooi.

Sou daar ‘n swart inwoner van die land op so ‘n wyse vermoor word deur ‘n Blanke sal die land omgekeer word.

 ‘n Swarte word gedood deur weermag lede en 38 gevalle van aanranding en verkragtings is reeds aangemeld tydens die grendel periode deur SA Weermag lede. DIT haal darem die pers en maar die weermag probeer dinge toesmeer.

Waar gaan ons heen?

Dr Sakkie van der Merwe