Wes-Kaap drankbedryf verloor werkers

Die Wes-Kaap se drankbedryf het duisende werkers verloor weens die inperkings maatreëls, en nagenoeg 18,000 mense sit nou sonder inkomste.

Alhoewel die verkope van alkoholiese drank weer vanaf 1 Junie onder streng voorwaardes hervat kan word, het die bedryf ’n harde slag gekry.

Die inperkings het nie alleen die verkope van wyn en ander drank verbied nie, maar wynprodusente kon ook nie hulle produk op die uitvoermark kry nie.

Volgens die inligting wat van meer as 80 wyn verkopers, en meer as 350 wynboere bekom kon word, is die aflegging van 18,000 werkers ’n baie konserwatiewe beraming.

Vinpro, ’n nie-winsgewende maatskappy, wat sowat 2,500 wyn produserende boere en kelders verteenwoordig, reken die industrie verloor sowat R200 miljoen elke week aan uitvoer van hulle produksie, wat die totale verlies van sowat R300 miljoen per week meebring as plaaslike verkope bygereken word.

Na raming het die industrie gedurende die inperkings tydperk reeds meer as R3 miljard verloor, en dit is die hoofrede waarom duisende mense hulle werk kwyt is.