VSA vegvliegtuig stort neer in oefening

’n Amerikaanse F-15 vegvliegtuig het in die Noordsee na die kusgebied van Engeland neergestort en reddingswerkers is gestuur om die vlieënier te probeer red.

Die Amerikaanse Lugmag het gistermiddag bevestig dat ’n F-15 vegvliegtuig in die Noordsee neergeval het, maar kon nog nie aandui wat die rede vir die ongeluk is nie.

Die Amerikaanse Lugmag het in ’n verklaring gesê die F-15 is van die 48ste Fighter Wing RAF en was op ’n roetine opleiding- en oefenvlug met een vlieënier aan boord.

’n Woordvoerder van die kuswag het bevestig dat ’n reddingspan dadelik gereed gemaak en vertrek het na die ongelukstoneel, maar die vermoede bestaan dat die vlieënier nie lewens gevind sal word nie.