VSA se infeksies word erge krisis

Texas en ander deelstate in die VSA se COVID-19 infeksies klim die hoogte in en hierdie afgelope week kommerwekkende afmetings aangeneem te midde van die rekord aantal toetse wat reeds uitgevoer is.

Van die senior gesondheid deskundiges beweer dat die infeksies tot tien keer hoër kan wees as wat tot nou deur die Departement Gesondheid vrygetel is/

Dit kan dus wees dat die VSA tot 20 miljoen mense het wat infeksie opgedoen het, en wat die moontlikheid bevat dat bykans elke mens in die land uiteindelik infeksie sal opdoen.

Die aantal pasiënte wat gehospitaliseer is styg ook teen ’n ongekende tempo, en waarnemers sê die verspreiding in 30 deelstate is so enorm dat dit 60% van die infeksies het.

Gesondheids beamptes volg nou ’n strategie wat sal help dat die verspreiding verlangsaam, maar kenners reken die strategie help nie veel en moes maande gelede al in werking gewees het.