VSA oud-Vloot offisier in Russiese tronk

’n Russiese hof in Moskou het ’n voormalige Amerikaanse Vloot offisier skuldig bevind en hom 16 jaar hardepad opgelê weens beweerde spioenasie.

Paul Whelan se opgelegde straf is deur die Amerikaanse ambassadeur in Moskou bestempel as ’n erge skending van menseregte.

Die ambassadeur sê die hof se beslissing sal ook die verhouding tussen Moskou en Washington verder vertroebel aangesien die offisier beslis nie ’n spioen is nie.

Paul Whelan wat ’n Amerikaanse, Britse, Kanadese en Ierse paspoorte besit is deur die polisie en agente in Rusland gearresteer, en na twee jaar in aanhouding het vir die eerste keer in die hof verskyn en daarmee ook sy vonnis aangehoor.

Rusland sê die 50-jarige Amerikaner is op heterdaad betrap met ’n rekenaar wat geklassifiseerde inligting bevat, maar die beskuldigde het onskuldig gepleit en gesê hy is opgestel deur agente terwyl hy met vakansie in Rusland was.