VSA ontmoet Sjinese in Hawaii

Mike Pompeo

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, beplan om ’n Sjinese afvaardiging in die VSA se militêre basis in Hawaii te woord te staan.

Die vergadering wat nog in die week gehou sal word, het ten doel om bilaterale bande te bespreek in ’n poging om die diep gewortelde verwydering tussen die twee lande te verbeter.

Van die mees senior ekonome sal by die afvaardiging wees, wat reeds vroeër die belangrikheid van ’n proses te begin wat beter verhoudings sal meebring.

Kenners sê die verhouding tussen die twee super moondhede het sy laagste punt in dekades bereik, en die Trump-administrasie het met sy ferm optrede die Sjinese ekonomie ’n harde slag toegedien met swaar invoer heffings van Sjinese goedere, en gesprekke om die verhouding op handelsgebied te verbeter, het misluk.