VSA: Minstens 76 sterf in Tehuis

Minstens 76 mense woonagtig in ’n tehuis vir bejaardes in die Amerikaanse deelstaat Massachusetts het gesterf toe die tehuis se superintendent dit toegelaat het dat ’n ander tehuis se inwoners saamgevoeg word met die bejaardes.

Die ander tehuis wat huisvesting bied aan mense met dementia, het klaarblyklik die koronavirus blitsvinnig versprei.

Personeel het later gesê die optrede het chaos veroorsaak, en was die verkeerdste ding wat oorweeg kon word.

Die tehuis se bejaardes, wat veilig gehou is en verbied is om die gebou te verlaat, het met verontwaardiging gesien dat die ander tehuis se mense by hulle toegelaat word. Die COVID0-19 virus het binne enkele dae verskeie bejaardes aangetas en daarna het een na die ander siek geword.

Alhoewel die superintendent dadelik ontslaan is, het die skokgolwe van die sterftes nog nie tot bedaring gekom nie.