Vrystaat boere paraat teen aanvallers

Die Vrystaatse boere in die Ladybrand distrik het gewys dat dit belangrik is om blitsvinnig te reageer wanneer ’n nood roep van ’n mede boer gehoor word.

Minstens 5 aanvallers uit Lesotho het John Parr in sy huis oorval, maar sy nood roep was toe reeds gehoor en het die boere blitsvinnig gereageer.

Paaie is blokkeer en die gebied is gefynkam, terwyl almal op volle gereeds gewag het vir enige gebeurlikhede.

Uiteindelik is twee van die skurke doodgeskiet, ’n derde is onder bewaking in die hospitaal weens ’n koeëlwond en ’n vierde een sit agter tralies, terwyl ’n vyfde een nog soek is.

Die boer en sy gade het ligte beserings opgedoen, maar die blitsvinnige optrede van die boere was deurslaggewend om die egpaar se lewens te red en te sorg dat die skurke vasgetrek word.

Dit is maar net weer ’n bevestiging dat boere se gesamentlike optrede die enigste doeltreffende metode is wat kan help dat plaasaanvalle misluk.