Volgende week se begroting lyk nie goed

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, lewer volgende week sy Nasionale Begrotingsrede wat gepaard gaan met enorme uitdagings.

Ekonomiese deskundiges wys daarop dat die minister ’n onbenydenswaardige taak het om ’n spesiale begroting voor te le te midde van ’n uitermatige swak finansiële posisie waarin Suid-Afrika hom bevind.

Terwyl die werkloosheid steeds ’n stygende kurwe het met instansies wat pas aangekondig het van duisende werkers wat afgelê word soos Edgars en die SAL, maak dit die taak reeds moeilik genoeg om bevredigende begroting syfers te bied.

Met die resessie, sowel as die enorme skuldlas waarin die land gedompel is en gevolglik in rommelstatus verkeer, is dit ’n nog veel moeiliker taak waarmee die minister te kampe het, terwyl die grendel tyd ook ’n geweldige rol speel wat die staatskas maar leeg laat.

Hoe die begroting gaan lyk, sal slegs raaiwerk wees, en met die swakker Rand en stygende pryse laat dit weinig ruimte vir ’n positiewe begroting.