Virus: VSA se grootste styging

Die VSA het die voorafgaande 24 uur tydperk van Woensdag die grootste toename in koronavirus infeksies aangeteken sedert April, met Brasilieq in die tweede plek.

Brasilië het in dieselfde tydgleuf meer as 42,000 nuwe infeksie gevalle aangeteken wat daarop dui dat die land se toenames buite beheer geraak het.

Gesondheid deskundiges in die VSA is bekommerd dat die land se hospitale nie die geweldige toename in gevalle kan akkommodeer nie, en dat tydelike plekke ingerig sal moet word. Die 34,700 nuwe infeksies is die hoogste toename in die 24 uur tydperk sedert April vanjaar.

Die totale aantal infeksie gevalle in die wêreld nader die 10 miljoen merk, en die sterftes het reeds meer as 481,000 gevalle aangeteken.

Die toename in beide lande word hoofsaaklik toegeskryf aan die onverskillige benadering wat deur ’n groot deel van die bevolking openbaar word deur nie ag te slaan op maatreëls wat toegepas moet word nie.