Virus: Regering reeds 116 keer in hofgedinge

Dlamini-Zuma

Die regering van president Cyril Ramaphosa was nou reeds 116 keer met die hof gedreig oor sy besluite aangaande die toepassings van maatreëls en die uitwerking daarvan op die bevolking.

Die maatreëls is dikwels beveg, en die fiasko aangaande die beletsel van sigaret verkope is van die mees prominente gevalle wat Suid-Afrika se regering in ’n swak lig stel.

Die mees omstrede figuur is waarskynlik Nkosazana Dlamini-Zuma wat daarvan beskuldig word dat sy agter die maatreël sit dat sigarette nie verkoop mag word nie weens haar verbintenis met die smokkelaars waaruit sy glo finansiële voordeel kry.

Dlamini-Zuma is die Minister van Departement Samewerkende Regering, en het die inligting bekend gemaak oor hoe die regering deur individue en instansies in hofsake getoets word vir hulle optrede.

Verskeie sake is buite die hof geskik, wat toon dat die regeing uiters sensitief is om te verloor en die blaam te kry van swak besluitneming, terwyl ander in die hof gefinaliseer word.

Verskeie sake handel oor grondwetlike regte van mense waarop inbreuk gemaak word deur die regering se maatreëls, maar daar is ook sake van meer persoonlike aard waar mense se regte benadeel word.