Virus: Gauteng nou meeste gevalle

Die Wes-Kaap wat aanvanklik die grootste aantal koronavirus infeksie gevalle gehad het, en die daaglikse nuwe gevalle alle ander provinsies oortref het, is nou in die tweede plek.

Gauteng is besig om die grootste aantal nuwe gevalle per 24 uur aan te teken, en alles dui daarop dat hy nou die grootste aantal nuwe infeksie per dag het.

Die WP was die provinsie met  sowat 58,000 gevalle wat 48% van die nasionale COVID-19 gevalle is.

Vrydag het die Wes-Kaap 1,161 nuwe gevalle gehad terwyl Gauteng meer as 2,000 nuwe infeksies gehad het.

Oos-Kaap is in die tweede plek met sowat 1,451 nuwe gevalle vir die 24 uur tydperk.