Virus: Adjunk-minister positief getoets

Nkosi Phathekile Holomisa

Die Adjunk-minister van Korrektiewe Dienste, Nkosi Phathekile Holomisa, het gister positief getoets vir die nuwe koronavirus.

Die minister is spoedige beterskap toegewens deur die ANC regering en sê daar word uitgesien na sy herstel sodat hy weer sy pligte kan hervat.

Die minister is in self-isolasie by sy woonplek en neem glo al die nodige maatreëls om enige verdere verspreiding van die virus te voorkom.

Almal wat in direkte kontak met hom was, word nou opgespoor en sal verwittig word om in kwarantyn te bly vir die vereiste 14 dae tydperk.