Vietnam en EU sluit indrukwekkende ooreenkoms

’n Vrye handel ooreenkoms is deur die Europese Unie met Vietnam gesluit, wat as ’n belangrike en mees ambisieuse deurbraak beskou word.

Die ooreenkoms sal ook die suidoostelike staat in Asië ’n geweldige finansiële inspuiting gee wat die land nodig het met die pandemie wat ’n negatiewe invloed het op die ekonomie.

Die ooreenkoms wat Maandag deurgehaak is met die EU is in Vietnam deur die politieke verteenwoordigers met ’n gejuig en met eenparigheid verwelkom wat na verwagting die ekonomiese hetstel van die land sal bespoedig.

Die stemming wat in die parlement gehou is oor die aanvaarding van die ooreenkoms, is op die staat se TV kanaal uitgesaai terwyl een parlementslid gesê het die deurbraak kon nie op ’n beter tyd vir Vietnam aangebreek het nie.

Die EU-Vietnam Vrye Handel Ooreenkoms is reeds in 2012 aangevoor maar die deurvoer daarvan tot ’n finale ooreenkoms is vertraag vir ’n hele aantal jare weens verskeie wetlike hindernisse wat eers uit die weg geruim moes word.