Vervoer Minister kanselleer gesprek 3 keer

Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het vir ’n tweede keer sy ontmoeting met die taxi eienaars gekanselleer.

Verlede week moes hy letterlik wegvlug van woedende mense in die taxi industrie, en onbevestigde berigte lui dat daar van die taxi eienaars bereid was om die minister te lyf te gaan.

Mbalula was veronderstel om met sy tweede poging ’n sektor van die taxi eienaars samesprekings te voer, glo oor die beweerde “noodsaaklikheid” van ’n groter staat subsidie weens die grendel tyd toe hulle soos alle ander ondernemings nie hulle werk kon dien nie.

Ingeligte bronne wys daarop dat dit eintlik die derde keer is wat die minister sy poging moes laat vaar om met die taxi industrie te vergader, maar dit blyk dat die minister vooraf vasgestel het dat daar moeilikheid op hom wag, en toe besluit het om weer die vergadering af te stel.