Verhoogde inflasie ons voorland

Die verdonkering in Suid-Afrika se ekonomiese stand is sodanig dat dit noodwendig gaan lei tot n verswakking van die Rand en n styging in die inflasiekoers, iets wat werklose SA allermins kan bekostig.

Minister Mboweni het in sy begrotingsrede aangevoer dat Suid-Afrika Ro-21 van elke R1-00 belasting wat ontvang word, sal moet gebruik om skuld af te los.

Met die benadering sal die inflasie beslis styg, sê ’n ekonoom van Pretoria, en wys ook daarop dat die werkloosheid sodanig is dat die herstel daarvan ’n lang tyd gaan benodig omdat die fokus nie gevestig is op werksgeleenthede nie, maar op sosialistiese beginsels.

Die minister is duidelik baie bekommerd oor sy taak wat voorlê as hy die Internasionale Monitêre Fonds moet nader om die beoogde R70 miljard lening te moet af pleit.

Waarnemers wys daarop dat die IMF ook nie baie gretig is om aan SA sulke bedrae te leen terwyl die ANC regime deel is van die IMF se opponerende struktuur van Brics.