Verbruikers kry finansiële klappe

Terwyl sekere winkelgroepe nou reeds voorbrand maak dat hulle prysstygings verwag, is daar nog twee ander finansiële monsters wat wag om swaar verdiende geld op te slurp.

Indien die kragvoorsiener, Eskom, daarin slaag om die hof te oortuig van sy voorneme om onredelike verhoging van elektrisiteit goedgekeur te kry, sal dit tesame met die stygende tendens in brandstofpryse, die verbruikers swaar belas.

Ekonome wys daarop dat die faktore die voedsel kettingwinkels se neiging om pryse opwaarts aan te pas, net versterk.

Die verbruikers het die afgelope maande reeds die juk gedra van koronavirus inperkings wat steeds ’n groot las is, en verdere verhogings kan die werklose mense nog swaarder tref.