Twee manne vaar die ruimte in

Doug Hurley en Bob Behnken het ’n historiese reis aangepak toe hulle Saterdag met die SpaceX ruimte missiel vertrek het na die Internasionale Ruimtestasie.

Die NASA projek is van historiese belang wat die ruimtevaarders vir die eerste keer sedert 2011 vanaf Amerikaanse grondgebied ’n ruimtereis onderneem het, en dit boonop met ’n privaat ruimteagentskap van die miljardêr, Elon Musk, se SpaceX.

Die vlug is Woensdag uitgestel weens swak weersomstandighede by die Kennedy Ruimte Sentrum, en kon eers Saterdag uitvoering gee aan die lang verwagte onderneming.

President Donald Trump en Visepresident Mike Pence het die lansering aanskou en daarna die ruimtevaarders gelukgewens met die onderneming en gesê daarmee is ’n dekade van stilstand in Amerikaanse ruimtevaart beëindig.

Die ruimtetuig het ook suksesvol gekoppel aan die Internasionale Ruimtestasie wat om die aarde wentel.