Trump kan verkiesing verloor

Meningspeilings in die VSA dui daarop dat indien ’n verkiesing nou gehou sou word, president Donald Trump ’n groot nederlaag sal lei.

Die meningspeiling toon dat die Demokrate se voormalige visepresident, Joe Biden, ’n gemaklike voorsprong het om die presidentsverkiesing te wen.

Die verkiesing wat in November gehou sal word, het reeds die eerste verbrokkeling getoon met die tussenverkiesings wat gehou is, en die jongste meningspeiling toon dat Joe Biden se vorige voorsprong vergroot het in die jongste peiling.

Die peiling is wel gehou deur die TV Kanaal CNN, wat nie ’n goeie rekord het van betroubaarheid nie, maar die voorsprong is sodanig dat dit wel moontlik kan wees.

Met ’n huidige voorsprong van 14% is die kanse uiters gering dat President Trump die verkiesing kan wen, het kenners later gesê.