Trein ry oor seun en hy oorleef

’n Duitse seun het in sy dronkenskap oorleef toe ’n sneltrein bo oor hom gery en hy geen letsel opgedoen het nie.

Die ongelooflike gebeurtenis het in Duitsland plaasgevind waar ’n 15-jarige seun, wat klaarblyklik ook ’n dwelmverslaafdes is, sonder ’n enkele merkie aan sy lyf deur die polisie gevind is.

Die seun het in sy toestand geval en tussen die spore van die netwerk gelê waar hy aan die slaap geraak het toe die sneltrein etlike minute later teen ’n geweldige spoed oor hom is.

Die polisie het die knaap opgetel en vir hom gesê hy moet die dag as sy tweede geboortedag beskou wat hy is deur ’n “gids engel” teen die dood beskerm.

Die voorval het in die middernagtelike ure gebeur terwyl die polisie op soek was na die seun wat ietwat te erg aangegaan het tydens ’n partytjie saam met vriende in die plattelandse dorp Kirn.

Later het die meer nugter seun gesê hy was onderweg na sy ouerhuis, maar die oormaat alkohol het hom langs die pad laat besluit om eers te rus, min wetende waar hy hom werklik bevind.