Toegewings van Fase 3 eers Donderdag

Moontlike toegewings en verslapping van maatreëls in Fase 3 word waarskynlik eers Donderdag aangekondig na die sogenaamde Raad sy virtuele vergadering gehou het.

Die Minister van Kleis Sake en Ontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, is glo besig met afrondingswerk om die gevorderde Vlak 3 voorstelle te oorweeg wat sekere sakeondernemings se status kan beïnvloed.

Na verwagting sal die regering Donderdag aankondigings doen oor die stand van ondernemings wat tans onder die burgery van groot belang is.

Hiervan is haarsalonne, verkope van tabak produkte, die stand van alkohol verkope en enkele ander bedrywe waarskynlik voorrang geniet.

Die sogenaamde Nasionale Koronavirus Bevel Raad wat deur die president saamgestel is, sal sy besluite Donderdag bekend maak, maar waarnemers reken dat daar nie veel veranderings sal wees nie, en indien skoonheid salonne wel mag heropen, streng maatreëls sal geld.