Tito wil SA uit die storm vat – met skuld

Te midde van ’n ekonomiese rommelstatus waarin Suid-Afrika hom tans bevind, het die Minister van Finansies, Tito Mboweni, in sy aanvullende begroting Woensdag gesê SA sal uit die storm wegkom maar dit gaan tyd neem.

Meningsvormers se Mboweni se optimisme was nie van so aard dat dit aansteeklik geword hê nie, en uiteindelik moes gehoor word dat die maatreëls ingestel word om te oorleef.

Die minister het gesê wat almal weet. Die finansiële storm is nie verby nie. Hy sê as die gesonde riglyne gevolg word, en die regte besluite geneem is, sal die situasie verbeter.

Hy verwys na die situasie as die nuwe realiteit van die wêreld, en sê dit is noodsaaklik dat die wereld ook die regte besluite neem voor die algehele probleme uit die weg geruim kan word.

Die minister het finansiële deskundiges laat frons met sy uitlating dat die regering ook beplan om ’n erge skuldlas en krisis te vermy deur die situasie te stabiliseer.

Maar kenners waarsku dat die minister nie te swaar moet leuen op die beoogde lening by die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) nie, want die instansie is nie gretig om SA se skuld verder te vermeerder nie.