Sommige skole kon nie begin

Alhoewel die grootste aantal skole in die land heropen het, is daar ook verskeie ander wat ’n swak begin het omdat sommige klaskamers nie aan die vereistes voldoen het nie.

Die skole se heropening is tans vir Graad 7 en Graad 12 leerlinge, maar te midde van die relatief klein getalle leerlinge, moes sekere klaskamers eers weer nagegaan word en regstellings moes gemaak word.

Benewens die klaskamers se korrekte uitleg van lessenars en ander toerusting wat moet voldoen aan die Departement se vereistes om te verseker dat leerlinge veilig is in die klas, is daar ook skol;e wat nie voldoen het aan die temperatuur skandering by aankoms, en gesig maskers ontbreek, terwyl die sosiale afstand nie gehandhaaf is nie.

Dit hierdie feite wat die vraag laat ontstaan waarom die Minister die Wes-Kaap se skole belet het om op 1 Junie te begin omdat daar ses skole was wat nie gereed is vir heropening nie.

Sy het gesê die skole moet almal gelyktydig heropen, maar nou is sy op diskriminerende wyse besig om teen haar eie besluit en “septer swaai” optrede te gaan deur sekere skole te laat begin en ander word verbied weens die feit dat hulle nie gereed is nie.

Ongeveer 95% van alle skole se klaskamers was in orde en kon die skole heropen, maar kommer bestaan steeds oor die toepassing van maatreëls soos afstand handhawing tydens pouse en tydens hulle beweging na klaskamers.

Intussen is verneem dat meer as 50 skole in die Wes-Kaap ’n probleem het met infeksie gevalle, en die finale uitkoms van wat die skole te doen staan, is nog nie bekend nie.