Sjina vrees tweede pandemie

Die Sjinese kommunistiese regering het met hernude voorsorg maatreëls begin uit vrees dat Beijing ’n tweede koronavirus pandemie kan betree.

Alle hoë risiko mense word verbied om die Sjinese hoofstad Beijing te verlaat, en het selfs sekere vervoerdienste gestop.

Die bekommernis oor moontlike verspreiding van die COVID-19 virus het daartoe gelei dat talle nuwe gevalle van infeksie aangemeld is in Beijing, waar miljoene mense werksaam is en die verspreiding kan bevorder.

Die verbod is ingestel om te verseker dat die hoë risiko mense nie na ander stede of provinsies beweeg nie, wat katastrofiese gevolge sal inhou.

Sakelui wat van een stad na ’n ander wil beweeg, word verplig om maskers te dra, en al die ander noodsaaklike voorsorgmaatreëls te handhaaf, en kan in sekere gevalle ook die vereiste 14 dae kwarantyn tydperk moet nakom.

Waar Sjina gereken het hy is oor die ergste, het hy toegelaat dat die ekonomie weer heropen, maar nou is 106 nuwe gevalle in Beijing geïdentifiseer in een 24 uur tydperk, wat die vermoede laat ontstaan dat ’n tweede pandemie te wagte kan wees.