Sjina lanseer belangrike satelliet

Die Ruimtevaart afdeling van die Sjinese het aangekondig dat die mislukte lansering van ’n satelliet intussen reggestel is met ’n opvolg poging.

Volgens die woordvoerder het die lansering van die satelliet, wat as Sjina se 55 ste een is, suksesvol in sy wentelbaan gekom.

Die satelliet word beskou as die voltooi van ’n totale netwerk Sjinese satelliete en Sjina beweer dat dit hom ’n nuwe fase as moondheid laat betree.

Die woordvoerder sê die satelliet word as die vestiging van ’n kommunikasie en navigasie stelsel gesien.

Sjina beweer dat hy daarmee die beheer van oorlog missiele kan uitvier en ook die navigasie van sy vissersbote hanteer.

Die kommunistiese land beskou homself nou as ’n leier in die ruimtevaart bedryf, en sê hy kan nou sy militêre tenks ook daarmee beheer.

Sowat 120 lande van die wêreld maak van Sjina se navigasie sisteem gebruik in hulle hawens, en miljoene selfone is afhanklik van die land se satelliet stelsel.