Sigaret fiasko nog onopgelos

Alhoewel die hofsaak se gevolge en die uitspraak angstig afgewag sal word, is daar ook ’n nuwe wending wat die saak kan beïnvloed.

’n Erkende wetenskaplike het pas bekend gemaak dat die verkope van alkohol veel nadeliger is vir mense wat infeksie opgedoen het as wat die geval is met mense wat rook.

’n Tweede meningsvormers sê die skade wat rook aan die menslike liggaam veroorsaak het, is reeds genoeg om so ’n persoon se herstel te bemoeilik as infeksie opgedoen is. Daaruit word afgelei dat om nou vir nog drie maande te rook tydens die pandemie, geen verskil sou maak aan die pasiënt se herstel as infeksie opgedoen is nie.

Hierteenoor word die gevaar van alkohol ’n veel ernstiger probleem, en kan die wetenskaplikes nie aanvaar dat rook verbied word maar alkoholiese drank word toegelaat.

Na skatting het meer as 50% van die rokers in elk geval op onwettige wyse sigarette bekom gedurende die pandemie tydperk.